Donate Shop Find a Base Call for Help Now

NSRI EMERGENCY
OPERATION CENTRE (EOC)

087 094 9774
Eoudia Erasmus berig uit Ceres:Wanneer 'n skool gekontak word met 'n aanbieding van 'n WaterWise-werkswinkel, bly dit lekker as jy die woorde hoor: 'Natuurlik, kom gerus . ons wag!' En die skoolhoofde weet dat kinders gereeld en sonder behoorlike toesig, gaan swem. Enige kind hou baie van swem! In die somer, is daar niks lekkerder vir kinders om in water te baljaar nie. Hul gunsteling tydverdryf is definitief swem of speel langs die damme of riviere. Dit hoor ons daagliks!Juffrou Lillian Bolwana se terugvoering, nadat WaterWise by Iris Qwela Primary School, naby DeDoors 'n werkswinkel aangebied het, was as volg: 'Learners learned new information; even the teachers got information. We doget problems like drowing, as they are near farmdams. This is a very good awareness for children and teachers.' Jufrou Lillian was so positief en opgewonde oor die WaterWise-projek, dat sy spontaan voortgegaan het met tolk, want sy wou seker maak dat elke kind die belangrikheid van WaterWise verstaan.By Glen Heathly Primer, waar Mnr. Cox as skoolhoof waarneem, was daar aanvanklik slegs vir grondslag-fase kinders 'n aanbieding. Gou het die personeel besef dat WaterWise baie belangrik is vir die res van die skool. Gelukkig kon aanpassings gedoen word, en gou-gou was die hele skool deel van WaterWise. 'Uitstekende aanbieding! Leerlinge het so baie geleer. Goeie praktiese voorbeelde is gebruik.' Dit is sulke terugvoering wat die WaterWise-projek die moeite werd maak. Kinders, sowel as volwassenes leer baie en kan 'n verskil maak in iemand se lewe.Water bly heerlik om in te speel of in te swem, maar dit bly ook gevaarlik. Daarom is dit belangrik dat so veel as moontlik skole, nasorgsentrums en crèches deur WaterWise besoek word, sodat kinders kan leer hoe om in noodsituasies op te tree, of wat om te doen wanneer iemand in die moeilikheid beland.WaterWise word met trots deur TNPA geborg.Juffrou Lillian Bolwana (Iris Qwela Primary School) het as tolk gehelp, aangesien baie van die jonger xhosa-sprekende kinders nie afrikaans of engels verstaan nie. Juffrou Lillian Bolwana (Iris Qwela Primary School) het as tolk gehelp, aangesien baie van die jonger xhosa-sprekende kinders nie afrikaans of engels verstaan nie.Witzenberg-kinders geniet elke oomblik van die WaterWise-les. Dis altyd pre tom die ambulans se telefoonnommer te leer! Witzenberg-kinders geniet elke oomblik van die WaterWise-les. Dis altyd pret om die ambulans se telefoonnommer te leer!H H H - H H H - 'n Maklike manier vir die kinders om 'hands-on CPR' te leer. Leerders van Glen Heathly Pimer oefen hoe om hartkompressies korrek te doen.
Next Article

Liza Wigley reports on WaterWise Eden:

Read More

You may also like

RESCUE OPERATIONS  | Published: 21 OCTOBER 2026

NSRI – Richards Bay – Wednesday, 21 October. A maritime medical evacuation operation of 2 injured seafarers

Norman Rautenbach, NSRI Richards Bay station commander, said: At 14h29, Monday, 19 October, NSRI Richards Bay duty crew were placed on alert to prepare for a maritime medical evacuation operation for 3 male seafarers injured onboard a 292-meter bulk carrier ...

RESCUE OPERATIONS  | Published: 20 OCTOBER 2026

Belgian tourist recovering after non-fatal drowning near Buffalo Bay

A 48-year-old man from Belgium is expected to be discharged from hospital today after a non-fatal drowning incident at a remote beach between Brenton-on-Sea and Buffalo Bay on Monday afternoon. The man, on a cycling holiday with his family, is ...

RESCUE OPERATIONS  | Published: 20 OCTOBER 2026

Mining vessel crew assisted after RHIB loses motor power

On Saturday morning, NSRI Port Nolloth volunteers on a routine training exercise responded when a local mining vessel raised concern for three of her crew who had gone ashore on their RHIB (rigid hull inflatable boat) and not been heard ...