Donate Shop Find a Base Call for Help Now

NSRI EMERGENCY
OPERATION CENTRE (EOC)

087 094 9774
Eoudia Erasmus berig uit Ceres:Wanneer 'n skool gekontak word met 'n aanbieding van 'n WaterWise-werkswinkel, bly dit lekker as jy die woorde hoor: 'Natuurlik, kom gerus . ons wag!' En die skoolhoofde weet dat kinders gereeld en sonder behoorlike toesig, gaan swem. Enige kind hou baie van swem! In die somer, is daar niks lekkerder vir kinders om in water te baljaar nie. Hul gunsteling tydverdryf is definitief swem of speel langs die damme of riviere. Dit hoor ons daagliks!Juffrou Lillian Bolwana se terugvoering, nadat WaterWise by Iris Qwela Primary School, naby DeDoors 'n werkswinkel aangebied het, was as volg: 'Learners learned new information; even the teachers got information. We doget problems like drowing, as they are near farmdams. This is a very good awareness for children and teachers.' Jufrou Lillian was so positief en opgewonde oor die WaterWise-projek, dat sy spontaan voortgegaan het met tolk, want sy wou seker maak dat elke kind die belangrikheid van WaterWise verstaan.By Glen Heathly Primer, waar Mnr. Cox as skoolhoof waarneem, was daar aanvanklik slegs vir grondslag-fase kinders 'n aanbieding. Gou het die personeel besef dat WaterWise baie belangrik is vir die res van die skool. Gelukkig kon aanpassings gedoen word, en gou-gou was die hele skool deel van WaterWise. 'Uitstekende aanbieding! Leerlinge het so baie geleer. Goeie praktiese voorbeelde is gebruik.' Dit is sulke terugvoering wat die WaterWise-projek die moeite werd maak. Kinders, sowel as volwassenes leer baie en kan 'n verskil maak in iemand se lewe.Water bly heerlik om in te speel of in te swem, maar dit bly ook gevaarlik. Daarom is dit belangrik dat so veel as moontlik skole, nasorgsentrums en crèches deur WaterWise besoek word, sodat kinders kan leer hoe om in noodsituasies op te tree, of wat om te doen wanneer iemand in die moeilikheid beland.WaterWise word met trots deur TNPA geborg.Juffrou Lillian Bolwana (Iris Qwela Primary School) het as tolk gehelp, aangesien baie van die jonger xhosa-sprekende kinders nie afrikaans of engels verstaan nie. Juffrou Lillian Bolwana (Iris Qwela Primary School) het as tolk gehelp, aangesien baie van die jonger xhosa-sprekende kinders nie afrikaans of engels verstaan nie.Witzenberg-kinders geniet elke oomblik van die WaterWise-les. Dis altyd pre tom die ambulans se telefoonnommer te leer! Witzenberg-kinders geniet elke oomblik van die WaterWise-les. Dis altyd pret om die ambulans se telefoonnommer te leer!H H H - H H H - 'n Maklike manier vir die kinders om 'hands-on CPR' te leer. Leerders van Glen Heathly Pimer oefen hoe om hartkompressies korrek te doen.
Next Article

Liza Wigley reports on WaterWise Eden:

Read More

You may also like

RESCUE OPERATIONS  | Published: 28 SEPTEMBER 2026

NSRI Durban completes maritime medevac 4 nautical miles offshore

Four nautical miles off the Port of Durban, NSRI Durban crew carried out a maritime medical evacuation on Saturday, 26 September, bringing an injured seafarer safely ashore for further treatment. ...

RESCUE OPERATIONS  | Published: 27 SEPTEMBER 2026

Man dies after bodyboarding incident at Kenton-on-Sea

A man has died after getting into difficulty while bodyboarding at Kenton-on-Sea middle beach on Friday, 25 September, despite the efforts of three Good Samaritans and NSRI Port Alfred crew to save his life ...

AWARDS  | Published: 25 SEPTEMBER 2026

Photo of the Month: September 2026

Congratulations to Charles Booysen, who took this cracking good photograph of a humpback whale breaching in False Bay, while a 73-year-old man who called for help by activating SafeTrx was rescued by Station 10 Simon’s Town volunteers on the 25th ...