Donate Shop Find a Base Call for Help Now

NSRI EMERGENCY
OPERATION CENTRE (EOC)

087 094 9774
Somer word geassosieer met son en lekker swem. Ons weet swem kan gevare inhou, en dalk dink ons kinders swem nie in die winter nie. “Verdrinkings vind mos nie in die wintermaande plaas nie”. Maar gedurende die winter word kinders ook blootgestel aan ongelukke a.g.v. oorstromings, ongure weerstoestande en vloede. Verdrinkings vind dus ook in die winter plaas, - al dink mense nie altyd so nie! Met die hoë verdrinking-syfer fokus die WaterWise-program op die waterveiligheid van kinders. Meer as 24 000 kinders het die afgelope maand baat gevind by die program. Werkswinkels word in verskeie dele van ons land aangebied en talle kinders kry die geleentheid om hul lewensvaardighede ten opsigte van waterveiligheid, op te skerp.Die terugvoering van die personeel by instantsies en skole is baie positief:· “Goeie aanbieding met kleurvolle hulpmiddels.”· “Aanbieding lewendig en kinders neem spontaan deel aan die aktiwiteite.”· “Puik, Puik! Baie leersaam.”· “Leerders is nou goed toegerus en weet wat om te doen as iemand in gevaar is.”Eoudia Erasmus vertel:“Ek het skole en nasorgsentrums in Ceres, Tulbagh, Gouda en Saron gedurende Maart besoek. Indien die tyd en plek dit enigsins toelaat, is die personeel van elke skool baie ontvanklik vir die werkswinkels. Dit is natuurlik omdat hulle weet hoe gevaarlik damme, riviere en kanale is. Met die besoek aan ‘n skool in Saron, het ‘n paar kinders juis stokkies gedraai, want om by die dam te sit en speel, is vir hulle baie lekkerder as om die skool by te woon. (sien foto) Ek het egter vir hulle geroep en gevra om skooltoe te gaan. ‘Ja, ja!! Ons kom!! Ons kom!!’ was die antwoord.Aangesien ek bietjie vroeg was vir my afspraak by die skool, het ek ook by die plaaslike vakansieoord gestop. Die opsigter vertel my toe egter dat ‘n volwasse persoon die vorige week in die dam verdrink het. Ja – baie tragies. Ek verstaan skielik waarom ek ‘n oproep gekry het om die skool te besoek.Gouda, ‘n gemeenskap, nie ver van Saron af nie, is daar ‘n kanaal naby die skool, waar kinders gereeld swem en speel. Gelukkig het daar nog niemand verdrink nie, maar die kinders vertel hoe hulle mekaar gehelp het, wat amper verdrink het.Op Tulbagh het die skoolhoof, Mnr. Mostert my ook vertel van ‘n kind wat 2 jaar gelede in ‘n plaasdam, naby die skool, verdrink het. Hartseer.”Die feit bly staan …. Wees voorbereid en wees bedag! ‘n Ongeluk gebeur gou. WaterWise leer jou hoe en wat om in noodsituasies te doen.WaterWise se Eoudia Erasmus word met trots geborg deur TNPA."Stokkiesdraai" oppad skooltoe. 'Stokkiesdraai' oppad skooltoe.Adrian Flink demonstreer "hands only CPR" - Saron Primêre Skool. Adrian Flink demonstreer 'hands only CPR' - Saron Primêre Skool.Bakerville Primêr (Gouda) vind dis soveel pret om die noodnommer (10177) te memoriseer! Bakerville Primêr (Gouda) vind dis soveel pret om die noodnommer (10177) te memoriseer!By hierdie dam in Saron het By hierdie dam in Saron het 'n volwasse persoon die afgelope maand verdrink....Is dit dalk die rede waarop Mev. Cornelissen wou hê WaterWise moes die bewaarskool besoek? ...Is dit dalk die rede waarop Mev. Cornelissen wou hê WaterWise moes die bewaarskool besoek?Klippieland Bewaarskool op die plaas Rocklands in die KoueBokkeveld. Klippieland Bewaarskool op die plaas Rocklands in die KoueBokkeveld.
Next Article

Volvo Penta's team visit NSRI at Table Bay:

Read More

You may also like

Whats App Image 2026 08 16 at 08 41 37
RESCUES  | Published: 16 August 2026

NSRI Gqeberha: A dog rescued

Dog rescued after being swept 200 metres out to sea off Pollock Beach, Gqeberha ...

Whats App Image 2026 08 16 at 07 59 25
 | Published: 16 August 2026

NSRI Honours Grootdraai Dam Rescue, Wilderness Surfers’ Bravery, and 55 Years of Service at 59th Awards Ceremony and Annual General Meeting

NSRI Honours Grootdraai Dam Rescue, Wilderness Surfer's Bravery, and 55 Years of Service at 59th Awards Ceremony and Annual General Meeting ...

Stn 18 Melkbosstrand
RESCUES  | Published: 15 August 2026

NSRI Melkbosstrand: Table View - A man is deceased

NSRI Melkbosstrand responds after surfer collapses at Bloubergstrand Beach ...