Donate Shop Find a Base Call for Help Now

NSRI EMERGENCY
OPERATION CENTRE (EOC)

087 094 9774
Alle kinders moet geleer word om WaterWise te wees. Alle kinders moet geleer word om WaterWise te wees.Eoudia Erasmus berig: Terwyl 'n koue wind waai en daar nog sneeu op die berge is, hunker die kinders al na die water. Dit blyk duidelik dat elke kind nie meer kan wag vir die somer met sy lekker sonskyn nie. As ek oor swem en water begin praat, blom elke kind se gesig ... maar sodra die kinders besef waaroor die WaterWise werkswinkel werklik gaan, luister elkeen groot-oog! Baie kinders het al ervaar hoe dit moet voel om 'amper' te verdrink. Dit is net iets waaroor niemand eintlik mag praat nie, want 'dan mag jy nooit weer gaan swem nie', dit is wat die kinders vertel.Na afloop van 'n WaterWise werkswinkel wat ek gedurende die vakansie by Donkerbos crech gehou het, stap ek, Jeanette Visagie (werker) en 'n klompie kinders, na 'n dam wat sommer 'n klipgooi van die crech en huisies gelee is. 'Dalk swem die kinders skelmpies, maar hulle weet dis gevaarlik om in die damme te swem', was haar reaksie. Ons is nou 'WaterWise', het een van die kinders uitgeroep! Die werkswinkel is afgesluit nadat al die kinders die noodnommer geleer het. ... En ek het 'n uitnodiging gekry om weer Desember-vakansie met die kinders te kom gesels oor verdrinkings.Juffrou Jeanetta Visagie voltooi die WaterWise-verslag, terwyl die kinders na hul nuwe plakaat kyk. Juffrou Jeanetta Visagie voltooi die WaterWise-verslag, terwyl die kinders na hul nuwe plakaat kyk.Timothy Academy, 'n privaatskool op Ceres, het die WaterWise-werkswinkel baie geniet. Dit is so jammer ons tyd was beperk, want elke kind wou so graag CPR op 'Junior' oefen. Dit was werklik baie insiggewend vir die kinders en hulle het vrae gevra en goeie terugvoering gegee.Deur middel van handgebare leer die kinders van De Eike Primer hoe om die noodnommer te onthou: 10111 Deur middel van handgebare leer die kinders van De Eike Primer hoe om die noodnommer te onthou: 10111Die vorige 2 jaar was daar WaterWise werkswinkels by Petra Gedenk en De Eike Primer aangebied. Toe ek die afgelope maand weer die 2 skole besoek, was dit wondelik en baie opvallend om die reaksie van die kinders te hoor: 'Ons sal dink voordat ons sommer net enige iets doen.' Die groter meerderheid kinders het ook geweet wat nie noodnommer is. Ek was absoluut uit die veld geslaan toe hulle die PLAN ook onthou! WaterWise ... ja voorwaar! .... Elke kind wat die WaterWise-les geleer het, sal definitief WaterWise wees.WaterWise word met trots geborg deur TNPAPetra Gedenk Primer kon baie goed WaterWise se PLAN onthou! Petra Gedenk Primer kon baie goed WaterWise se PLAN onthou!Luyolo Dayli van Donderbos Crech wys vir sy maatjies dat hulle nie in die damme mag swem nie. Luyolo Dayli van Donderbos Crech wys vir sy maatjies dat hulle nie in die damme mag swem nie.
Next Article

Boat capsizes

Read More

You may also like

St lucia1
RESCUE OPERATIONS  | Published: 21 July 2026

Child Rescued at St Lucia

An off-duty NSRI St Lucia crew member and his brother, a former NSRI crewman, found themselves in exactly the right place at exactly the right time on Saturday, when they spotted a young girl in trouble in the shallow surf ...

North beach durban
RESCUE OPERATIONS  | Published: 20 July 2026

Durban - 19 July One deceased, five survivors after boat capsizes off Beachwood, Durban North

Sadly, one man has died and five people survived after a boat capsized in the surf zone at Beachwood, Durban North, on Sunday evening, 19 July. NSRI Durban duty crew, alongside Police, Metro Police, Durban North Fire and Rescue Services ...