Donate Shop Find a Base Call for Help Now

NSRI EMERGENCY
OPERATION CENTRE (EOC)

087 094 9774
Verlede week het Eoudia Erasmus ‘n paar skole in Robertson en McGregor area besoek. Sy het verby verskeie plaasdamme, riviere en kanale gery. Uhmmm …. en dit is hier waar die probleme le. Baie mense dink dat dit net by die kuslyn en see is, waar mense verdrink.Ons dink nie altyd aan die plaasdamme, mere, riviere en kanale nie.Kinders weet dat dit vir hulle verbode is om in die plaasdamme te swem, maar telkemale moet ons hoor van “amperse verdrinkings” of ‘n maat wat iemand uit die water gehelp het!Die skole wat ek besoek het, is ver van die dorp. Indien hulp dringend verlang word, word daar tot langer as ‘n halfuur gewag vir ‘n ambulans of nooddienste. So vir my is dit absoluut noodsaaklik dat elke kind bewus moet wees van WaterWise se PLAN en KPR (Hands only).Die kinders sowel as die onderwysers het die werkswinkels baie geniet. Tydens die aanbieding kon Eoudia sien dat die kinders elke woord inneem, wat gese word. Hulle het groot-oog geluister en heerlik aan die aktiwiteite deelgeneem. Diegene wat kans gekry het om KPR te oefen, het dit werklik geniet.Na afloop van een van die werkswinkels het ‘n seun vir haar gese dat hy weet hy kan nie goed swem nie, maar dat hy graag eendag ‘n lewensredder wil word.Dit was ‘n wonderlike voorreg vir Eoudia om weer op Robertson en McGregor area werkswinkels aan te bied. Sy het net weer besef dat daar waar ‘n dam, rivier of kanaal is , daar altyd kinders sal wees wat swem. Gelukkig is NSRI se WaterWise Akademie daar om kinders bewus te maak van die gevare van water en wat om in noodsituasies te doen.
Next Article

The SuperMoons low tide:

Read More

You may also like

RESCUE OPERATIONS  | Published: 25 OCTOBER 2026

NSRI Wilderness: Man Dies After Drowning Accident at Leentjiesklip Beach

A local man has died following a drowning accident at Leentjiesklip Beach, Wilderness, after two fathers went into the water to help their teenage sons caught in rip currents. The two teenagers and the other father were rescued ...

RESCUE OPERATIONS  | Published: 25 OCTOBER 2026

NSRI Ballito – Sunday, 25 October: A Man Is Missing

A man believed to be 35 remains missing after being caught in rip currents near the Salmon Bay launch site, Ballito. Search efforts by NSRI and partner services are continuing. ...

RESCUE OPERATIONS  | Published: 21 OCTOBER 2026

NSRI – Richards Bay – Wednesday, 21 October. A maritime medical evacuation operation of 2 injured seafarers

Norman Rautenbach, NSRI Richards Bay station commander, said: At 14h29, Monday, 19 October, NSRI Richards Bay duty crew were placed on alert to prepare for a maritime medical evacuation operation for 3 male seafarers injured onboard a 292-meter bulk carrier ...