Donate Shop Find a Base Call for Help Now

NSRI EMERGENCY
OPERATION CENTRE (EOC)

087 094 9774
Verlede week het Eoudia Erasmus ‘n paar skole in Robertson en McGregor area besoek. Sy het verby verskeie plaasdamme, riviere en kanale gery. Uhmmm …. en dit is hier waar die probleme le. Baie mense dink dat dit net by die kuslyn en see is, waar mense verdrink.Ons dink nie altyd aan die plaasdamme, mere, riviere en kanale nie.Kinders weet dat dit vir hulle verbode is om in die plaasdamme te swem, maar telkemale moet ons hoor van “amperse verdrinkings” of ‘n maat wat iemand uit die water gehelp het!Die skole wat ek besoek het, is ver van die dorp. Indien hulp dringend verlang word, word daar tot langer as ‘n halfuur gewag vir ‘n ambulans of nooddienste. So vir my is dit absoluut noodsaaklik dat elke kind bewus moet wees van WaterWise se PLAN en KPR (Hands only).Die kinders sowel as die onderwysers het die werkswinkels baie geniet. Tydens die aanbieding kon Eoudia sien dat die kinders elke woord inneem, wat gese word. Hulle het groot-oog geluister en heerlik aan die aktiwiteite deelgeneem. Diegene wat kans gekry het om KPR te oefen, het dit werklik geniet.Na afloop van een van die werkswinkels het ‘n seun vir haar gese dat hy weet hy kan nie goed swem nie, maar dat hy graag eendag ‘n lewensredder wil word.Dit was ‘n wonderlike voorreg vir Eoudia om weer op Robertson en McGregor area werkswinkels aan te bied. Sy het net weer besef dat daar waar ‘n dam, rivier of kanaal is , daar altyd kinders sal wees wat swem. Gelukkig is NSRI se WaterWise Akademie daar om kinders bewus te maak van die gevare van water en wat om in noodsituasies te doen.
Next Article

The SuperMoons low tide:

Read More

You may also like

RESCUE OPERATIONS  | Published: 2 OCTOBER 2026

NSRI – Mtunzini – Friday, 2 October: A teenager is missing

NSRI Richards Bay and multiple emergency services are searching for a 19-year-old male who went missing while swimming at Mtunzini Main Beach on Thursday afternoon. ...

RESCUE OPERATIONS  | Published: 28 SEPTEMBER 2026

NSRI Durban completes maritime medevac 4 nautical miles offshore

Four nautical miles off the Port of Durban, NSRI Durban crew carried out a maritime medical evacuation on Saturday, 26 September, bringing an injured seafarer safely ashore for further treatment. ...

RESCUE OPERATIONS  | Published: 27 SEPTEMBER 2026

Man dies after bodyboarding incident at Kenton-on-Sea

A man has died after getting into difficulty while bodyboarding at Kenton-on-Sea middle beach on Friday, 25 September, despite the efforts of three Good Samaritans and NSRI Port Alfred crew to save his life ...