Donate Shop Find a Base Call for Help Now

NSRI EMERGENCY
OPERATION CENTRE (EOC)

087 094 9774

Johan Lourens, NSRI St15 Mossel Bay

31.12.1968 - 9.9.2011

Is dit nie tragies dat mens soveel van een van jou mede kollegas moet leer eers as hy nie meer daar is nie? Johan is in Swellendam gebore en het daar groot geword en gematrikuleer waarna hy Stellenbosch toe is om ‘n graad in Chemiese Ingenieurswese te verwerf. As jong man het hy baie op die Brederivier by Malgas waar sy ouers grond besit, geseil en aan alle soorte watersport deelgeneem.Johan het sy diensplig as ‘n offisier in die Vloot verrig en gedurende die tyd aan onder andere die Lipton Cup seilwedvaart deelgeneem. Karien, Johan se vrou sê, sy kan hom nie gelukkiger voorstel as om op of in die water te wees nie.In 1992 begin Johan sy loopbaan by SASOL op Secunda. Dit sou ook hier in Secunda wees wat hy vir Karien in 1994 ontmoet. In Junie 1997 maak Johan klaar by SASOL en sit sy loopbaan voort by die destydse Mossgas, nou PetroSA. Almal wat Johan geken het weet hy was nie ‘n man wat oorhaastige besluite geneem het nie. Hy sou sake eers deeglik bekyk voor hy tot aksie oorgaan. Johan en Karien is dus eers in Desember 1999 getroud. Uit hulle huwelik is twee pragtige seuns gebore.Johan sluit op die 24ste Februarie 1998 by NSRI Stasie 15 aan. Soos Karien ook sê, Johan het nog altyd ‘n hart vir mense in nood gehad en was dit ‘n gegewe dat hy die NSRI deel van sy lewe sou maak.Groot was ons almal se skok toe Johan in Mei 2007 gediagnoseer word met longkanker, dit van ‘n persoon wat so ‘n gesonde leefstyl gehandhaaf het.Nadat ‘n derde van sy regter long verwyder was en hy chemo behandeling ontvang het, het dit vir ‘n jaar baie goed gegaan.Ongelukkig sou hy vir die volgende drie jaar gedurigdeur deur die kanker gekonfronteer word. Hy en Karien het egter nooit opgegee om daarteen te baklei nie en het hy altyd kwaliteit tyd saam met sy vrou en twee seuns deurgebring. Gedurende hierdie kwellende tyd het Johan nog steeds aktief deelgeneem aan alle NSRI aktiwiteite maar in 2009 het hy ‘n baie moeilike besluit moes neem om as aktiewe bootsman af te staan. Hy het toe meer betrokke geraak by die beheerkamer aktiwiteite en onderhoud van die bote. In die tyd kon ons Johan se persoonlike eienskappe soveel beter leer ken deur sy manier om alles beter, makliker en meer effektief te laat werk - soos net ‘n ingenieur dit kan doen.Nadat Johan en Karien in Januarie 2010 verneem het dat medikasie niks meer aan sy gesondheid kan doen nie, het hulle geloofspad verdiep en het hulle hulle volkome aan die Here se sorg toevertrou.Op die 9de Augustus 2011 het Johan skielik siek geraak en verskeie kere in die hospitaal gaan draai. Op die 8ste September 2011 terwyl Johan stry teen pyn en min asem het Karien die Here gevra om Johan volkome te genees of sy leiding kort te maak. Later die aand het hulle saam gebid en het Johan sy geloof in God die Almagtige bely. ‘n Paar ure later, op die 9de September 2011 om 00:30, het die Here Johan se gees in die Hemel ontvang waar hy nou as oorwinnaar leef. Hy was ‘n vegter tot die einde toe en sal so onthou word.Karien sê sy dink Johan sou graag wou dankie sê vir die geleenthede wat vir hom gebied was om mense in nood te kon bystaan en die wonderlike kameraadskap wat hy op Stasie 15 kon beleef en ervaar.Karien wil ook graag enigiemand uitnooi wat moontlik dieselfde beproewinge deurmaak om haar te kontak sodat sy die Here se bemoediging met jou kan deel. Kontak haar gerus by karien.lourens @gmail.com Written by André Fraser
Next Article

Shark incident at Fish Hoek beach

Read More

You may also like

PRB NELSON MANDELA BAY
PINK RESCUE BUOY  | Published: 24 July 2026

First Pink Rescue Buoys installed in Nelson Mandela Bay

The NSRI has reached a new milestone in Nelson Mandela Bay, with the installation of the metro's first three Pink Rescue Buoys at high-risk points around North End Lake, marking the start of a drowning prevention drive for the area's ...

2024 02 13 Rescue 6 Alpha
RESCUE OPERATIONS  | Published: 24 July 2026

NSRI completes maritime medevac in rough seas off Algoa Bay

Navigating through 3 to 4 metre swells 8 nautical miles off the Port of Port Elizabeth, NSRI Gqeberha crew carried out a challenging maritime medical evacuation before dawn on Wednesday, 22 July, bringing an injured seafarer safely to hospital. ...

Rescue 3 DHL Deliverer
 | Published: 24 July 2026

NSRI and local fishing crew rescue man overboard off Mouille Point

A 38-year-old seafarer is recovering in hospital after a dramatic multi-agency rescue in Table Bay on Wednesday, 22 July, made possible by the swift action of a local fishing vessel that answered a call for help over the marine radio ...