Ten spyte van 'n besigte dag by die skool, het die skoolhoof, Mv Europa, tyd ingeruim vir WaterWise. Die besoek sou al verlede week gewees het, maar a.g.v. reen, is dit uitgestel na vandag. Die wind wat maar altyd in Wolseley waai, kon nie die kinders se geesdrif demp nie. Hulle was vriendelik, het spontaan deelgeneem en was baie gedissiplineerd. Voorwaar enige skoolhoof se trots!Dit is egter steeds kommerwekkend om te hoor hoeveel kinders al 'amper' verdrink het. Om sonder volwasse toesig te gaan swem, is egter geen geheim meer nie. By elke skool vertel die kinders hoe hulle 'skelmpies' gaan swem. Hulle weet ook gewoonlik wie het al regtig amper verdrink. So stamp-stamp hulle aan die 'amper-verdrink-maatjie'! Sommiges is skaam en bang om daaroor te praat; ander kruip sommer weg agter die maatjie voor hom. Dit bly egter belangrik dat kinders bewus gehou moet word van die gevare naby water. Voorkoming van verdrinkings is dus nie vir ander persone nie, maar vir jou! 'n Ongeluk gebeur net te gou.Deur Eoudia Erasmus / WaterWise
SAMSA press release on MT Phoenix
Read MoreNSRI Plettenberg Bay duty crew were activated following a request for medical assistance from a group of hikers reporting a female in their group suffering an injury and unable to continue on the walk. ...
NSRI Table Bay carried out a maritime medical evacuation of a seriously injured 30-year-old Filipino seafarer from a 229-metre cargo ship, 12 nautical miles offshore of the Port of Table Bay. ...
Two local men are safe after NSRI Shelly Beach crew towed their disabled jet-ski to Ramsgate Beach on Friday, 16 October, after it drifted about 4.5 kilometres offshore of Southbroom Beach. ...