Ten spyte van 'n besigte dag by die skool, het die skoolhoof, Mv Europa, tyd ingeruim vir WaterWise. Die besoek sou al verlede week gewees het, maar a.g.v. reen, is dit uitgestel na vandag. Die wind wat maar altyd in Wolseley waai, kon nie die kinders se geesdrif demp nie. Hulle was vriendelik, het spontaan deelgeneem en was baie gedissiplineerd. Voorwaar enige skoolhoof se trots!Dit is egter steeds kommerwekkend om te hoor hoeveel kinders al 'amper' verdrink het. Om sonder volwasse toesig te gaan swem, is egter geen geheim meer nie. By elke skool vertel die kinders hoe hulle 'skelmpies' gaan swem. Hulle weet ook gewoonlik wie het al regtig amper verdrink. So stamp-stamp hulle aan die 'amper-verdrink-maatjie'! Sommiges is skaam en bang om daaroor te praat; ander kruip sommer weg agter die maatjie voor hom. Dit bly egter belangrik dat kinders bewus gehou moet word van die gevare naby water. Voorkoming van verdrinkings is dus nie vir ander persone nie, maar vir jou! 'n Ongeluk gebeur net te gou.Deur Eoudia Erasmus / WaterWise
SAMSA press release on MT Phoenix
Read MoreNSRI Gqeberha crew assisted EMS in treating a fisherman who fell ill aboard a Chokka fishing boat off Port Elizabeth last night, ensuring he received urgent medical care and a safe transfer to hospital. ...
The National Sea Rescue Institute (NSRI) encourages South Africans to use National Wills Week, from 14 to 18 September 2026, to draft or update their wills and consider leaving a legacy gift that will help save lives for generations to come. ...
National Sea Rescue Institute (NSRI) Hout Bay volunteer crew recovered a Hout Bay Yacht Club (HBYC) racing buoy at sea on Saturday, 5 September, after it broke free from its mooring and was swept out into Hout Bay in gale ...