Donate Shop Find a Base Call for Help Now

NSRI EMERGENCY
OPERATION CENTRE (EOC)

087 094 9774
Gedurende Oktober 2018 het 'n paar kinders in 'n plaasdam gaan swem.Donnalee het onder die water verdwyn; kinders wat naby haar gespeel het, hethaar uit die water gehaal. Toe Wesley, Waylin, Gabriel en Kenan, wat aandie ander kant van die dam geswem het, die kinders hoor skreeu, het hulleonmiddelik nader gehardloop. Gelukkig het die seuns kop gehou, - dadelikhulp ontbied en KPR is onmiddelik op die lewelose lyfie toegedien, aangesienhulle gesien het dat sy nie meer asemhaal nie. 'Druk hard en vinnig in diemiddel van die borskas', was van die lesse wat die seuns tydens 'nWaterVeiligheidsaanbieding van die NSRI geleer en onthou het! Na 'n paarminute, wat wat vir die seuns egter baie langer gevoel het, het Donnaleebegin hoes en water opgooi.Die plaasdam is nie ver van Ceres nie en gelukkig was die nooddienste enpolisie baie vinnig op die toneel. Mediese personeel was oorstelp endankbaar vir die seuns se hulp - suksesvolle toediening van KPR deur dieseuns het die dogtertjie se lewe gered! Donnalee is opgeneem in dieprovinsiale hospitaal, waarna sy die volgende dag ontslaan is.Die Nasionale Seereddingsinstituut het erkenning gegee aan Wesley Storm,Waylin Malan, Gabriel Filander en Kenan Jansen wat die lewe van DonnaleeOerson gered het. Met ontvangs van die toekennings tydens saalbyeenkomsteby Ezelfontein Primêr en Ceres Sekonder, was daar 'n luide en waarderendeapplous van die ander skoliere. Voorwaar iet om op trots te wees.Veels geluk aan Wesley, Waylin, Gabriel en Kenan. Julle het toegepas watjulle geleer het. Ons is trots op julle. Mv. De Wee, skoolhoof van Ezelfontein Primêr, Wesley Storm en Donnalee Oerson wie se lewe gered is.
Next Article

Incidents in St Helena Bay and Jeffreys Bay:

Read More

You may also like

RESCUE OPERATIONS  | Published: 15 SEPTEMBER 2026

NSRI Stilbaai: Young Man Dies After Vehicle Enters Goukou River

NSRI Stilbaai – Duty crew responded early Tuesday morning after a vehicle went into the Goukou River near the river mouth, resulting in the death of a 21-year-old man who was holidaying in the area with family. ...

RESCUE OPERATIONS  | Published: 14 SEPTEMBER 2026

NSRI rescues stranded paddlers in gale-force conditions at Fish Hoek

For close to two hours, two experienced paddlers clung to their capsized surf-ski off Simon's Town, battling 40-knot winds and 2-metre swells with no way to call for help. On Saturday, 12 September, NSRI Simon's Town crew brought them home safely. ...

RESCUE OPERATIONS  | Published: 13 SEPTEMBER 2026

NSRI Simon's Town Rescues Two Hypothermic Paddlers After Near 2-Hour Ordeal in Gale-Force Conditions

On Saturday afternoon, NSRI Simon's Town launched a dramatic sea rescue after two experienced paddlers capsized in gale-force winds and rough seas off Fish Hoek, spending close to two hours battling exhaustion and hypothermia before being found. ...