Donate Shop Find a Base Call for Help Now

NSRI EMERGENCY
OPERATION CENTRE (EOC)

087 094 9774
WaterWise het gedurende die vakansie een van Anna Foundation se sentrums op Robertson besoek. Die kinders het werklik die aanbieding baie geniet en dit was vir hulle baie leersaam. Die kleingoed het spontaan deelgeneem aan die werkswinkel en wou graag almal CPR op die pop oefen. Johanna van der Ros wat by die sentrum werksaam is, se terugvoering was as volg: 'Die praatjie was baie baie goed. Die kinders sowel as die opvoeders het baie geleer. Ek dink WaterWise moet ons weer kom besoek.'Na afloop van die werkswinkel, het Justen Claasen en Wian Jors vir my gaan wys waar die kinders soms gedurende somermaande swem. 'n Sloot (kanaal) loop ook vlak voor die woonhuise verby. Die personeel en kinders het vertel dat daar al kinders ingeval het, maar wat gelukkig gou-gou deur bystanders uitgehaal is.Ek is werklik dankbaar dat WaterWise weer die geleentheid kon kry om by een van Anna Foundation se sentrums 'n werkswinkel te kon aanbied. In hierdie geval was dit absoluut so noodsaaklik om die kinders weer bewus te maak van die gevare van water, hoe om in noodsituasies op te tree en wat om te doen terwyl hulle vir hulp wag. Mense besef nie altyd hoe kinders blootgestel word aan die gevare van water nie - en 'n ongeluk gebeur so vinnig.WaterWise word met trots geborg deur TNPA.Riverside-kinders het Riverside-kinders het 'n PLAN .... (P=Pack; L=Look; A=Ask; N=Never)Vriendelike gesiggies van Riverside wat definitief nou Water-veilig is! Vriendelike gesiggies van Riverside wat definitief nou Water-veilig is!Die dam is naby die huise en maklik toeganklik vir iemand om te gaan swem. Die dam is naby die huise en maklik toeganklik vir iemand om te gaan swem.In hierdie kanaal het kinders al ingeval - gelukkig was daar gou genoeg iemand om te help. In hierdie kanaal het kinders al ingeval - gelukkig was daar gou genoeg iemand om te help.Hier gaan swem die kinders graag. Hier gaan swem die kinders graag.
Next Article

Agulhas and Hermanus crew assist trawler

Read More

You may also like

RESCUE OPERATIONS  | Published: 28 SEPTEMBER 2026

NSRI Durban completes maritime medevac 4 nautical miles offshore

Four nautical miles off the Port of Durban, NSRI Durban crew carried out a maritime medical evacuation on Saturday, 26 September, bringing an injured seafarer safely ashore for further treatment. ...

RESCUE OPERATIONS  | Published: 27 SEPTEMBER 2026

Man dies after bodyboarding incident at Kenton-on-Sea

A man has died after getting into difficulty while bodyboarding at Kenton-on-Sea middle beach on Friday, 25 September, despite the efforts of three Good Samaritans and NSRI Port Alfred crew to save his life ...

AWARDS  | Published: 25 SEPTEMBER 2026

Photo of the Month: September 2026

Congratulations to Charles Booysen, who took this cracking good photograph of a humpback whale breaching in False Bay, while a 73-year-old man who called for help by activating SafeTrx was rescued by Station 10 Simon’s Town volunteers on the 25th ...