Donate Shop Find a Base Call for Help Now

NSRI EMERGENCY
OPERATION CENTRE (EOC)

087 094 9774
AnnaFoundation het WaterWise genader om werkswinkels by hul verskillende na-skool-sentrums aan te bied.Arabella, 'n plaas naby Aston, wat omring is deur damme, 'n rivier en kanaal, was werklik 'n goeie plek om die kinders oor waterveiligheid te leer.Groot-oog en baie belangstellend het die kinders na elke woord geluister wat Eoudia Erasmus, WaterWise Educator, vertel het. Almal kan swem ... maar as die water so diep is soos die dak?? Wel, dan kyk die kinders gou-gou rond en word die koppe heen en weer geskud. Kinders weet nie werklik hoe diep 'n dam, rivier of kanaal is nie; veral nie die wat daarin probeer swem nie. Die kinders weet wel, indien een van hulle in die water beland, en om hulp wil roep, hulle dit nie kan doen nie, aangesien jou mond onder die water is. Met die 'roep-proses', word net meer water gesluk, en sodoende verdwyn hy/sy stil-stil onder die water. Sommige van die kinders het ook vertel dat hulle al 'amper' verdrink het.Deel van die WaterWise aanbieding was die PLAN, waar veral die kleiner kinders geleer word hoe om voorkomend op te tree: P - Pack: Prepare a bag for your trip to the dam, sea or beach. Have a plan if something goes wrong. L - Look: Look out for any dangers. A - Ask: Ask an adult to watch you when you swim. Always tell an adult where you are going and when you will be back. N - Never: Never swim alone. Die kinders is ook geleer hoe om in 'n noodsituasies te reageer en wat om te doen. Die noodnommer, 10177 is maklik gememoriseer en kinders kon op die KPR-pop, Annie, 'Hands Only CPR' oefen en vaslegging is gedoen.'Ons kinders het die aanbieding baie geniet! Dit was leersaam, veral omdat die kinders gereeld alleen gaan swem. Na vandag dink ek sal hulle baie versigtiger wees', was Jacoba Rooifontein, 'n leerkrag se kommentaar na afloop van die werkswinkel.Om waterveilig te wees, is 'n vaardigheid wat elke kind moet leer. Dankie aan AnnaFoundation wat ook na elke kind se belang omsien en wat dit nodig geag het, om WaterWise te kontak.WaterWise word met trots geborg deur TNPA.Elke kind moet Elke kind moet 'n PLAN hê, indien probleme ontstaan.Personeel Dean Mtabani en Ashwin Fuller oefen ook KPR_7634 Personeel Dean Mtabani en Ashwin Fuller oefen ook KPR.Die kinders het werklik bankvas gesit en luister. Die kinders het werklik bankvas gesit en luister.
Next Article

Western Cape – Friday, 18th April

Read More

You may also like

RESCUE OPERATIONS  | Published: 2 OCTOBER 2026

NSRI – Mtunzini – Friday, 2 October: A teenager is missing

NSRI Richards Bay and multiple emergency services are searching for a 19-year-old male who went missing while swimming at Mtunzini Main Beach on Thursday afternoon. ...

RESCUE OPERATIONS  | Published: 28 SEPTEMBER 2026

NSRI Durban completes maritime medevac 4 nautical miles offshore

Four nautical miles off the Port of Durban, NSRI Durban crew carried out a maritime medical evacuation on Saturday, 26 September, bringing an injured seafarer safely ashore for further treatment. ...

RESCUE OPERATIONS  | Published: 27 SEPTEMBER 2026

Man dies after bodyboarding incident at Kenton-on-Sea

A man has died after getting into difficulty while bodyboarding at Kenton-on-Sea middle beach on Friday, 25 September, despite the efforts of three Good Samaritans and NSRI Port Alfred crew to save his life ...