Selfs die personeel van Mooi Uitsig leer ook die noodnommer : 10177WaterWise in die OverbergNa die tragiese verdrinking van 3 kinders verlede jaar, het Heinrich Sauls van Riviersonderend 'n plan probeer beraam dat so iets nooit weer die gemeenskap sal tref nie. Eoudia Erasmus van WaterWise is genader en verskeie werkswinkels is oor 2 dae aangebied. Kinders is geleer wat om in 'n noodsituasie te doen, hoe om 'hands-only' KPR toe te pas, en natuurlik hoe om voorkomend op te tree.
Heinrich Sauls van Riviersonderend saam met 'n paar van die kinders by Badisa Nasorgsentrum.
Ten spyte van die snikhete son, het skoliere van Riviersonderend Primêr die besoek van WaterWise aan hul skool baie geniet.WaterWise @ Graham Beck Nasorgsentrum naby RobertsonVriendelike personeel, spontane en hulpvaardige kindertjies het my verwelkom toe ek by die plaas stop. Wat 'n heerlike aanbieding was dit nie! Die kinders het spontaan deelgeneem, vrae gevra en elkeen sou graag 'n beurt wou kry om op Junior, die KPR-pop te oefen. Die inhoud van die werkswinkel het die kinders soos 'n handskoen gepas. Volgens een van die juffrouens, Cynthia Kobeni, gaan swem kinders soms in die riviere sonder enige volwasse toesig. 'Nou het hulle geleer wat hulle alles moet doen en hoe om ook KPR toe te pas', het sy verder gesê.Baie dankie aan Carolyn van Anna Foundation wat WaterWise genader het om die nasorgsentrum te besoek. Dit was voorwaar vir my 'n voorreg en ek glo elke kind het geleer hoe om in 'n noodsituasie op te tree en watter nommer geskakel moet word.Eoudia word met trots geborg deur TNPA
Een van die leerders oefen KPR, terwyl sy maats toekyk
Be WaterWise in Knysna:
Read MoreFour nautical miles off the Port of Durban, NSRI Durban crew carried out a maritime medical evacuation on Saturday, 26 September, bringing an injured seafarer safely ashore for further treatment. ...
A man has died after getting into difficulty while bodyboarding at Kenton-on-Sea middle beach on Friday, 25 September, despite the efforts of three Good Samaritans and NSRI Port Alfred crew to save his life ...
Congratulations to Charles Booysen, who took this cracking good photograph of a humpback whale breaching in False Bay, while a 73-year-old man who called for help by activating SafeTrx was rescued by Station 10 Simon’s Town volunteers on the 25th ...