Donate Shop Find a Base Call for Help Now

NSRI EMERGENCY
OPERATION CENTRE (EOC)

087 094 9774
Swem is die mees gewildste tydverdryf gedurende somervakansies. Dit is egter belangrik om te weet dat kinders, sowel as volwassenes altyd veilig moet wees naby water. Gedurende die Desember-vakansie word talle kinders blootgestel aan die gevare van water, en dit is dus belangrik dat elkeen moet weet hoe om in 'n noodsituasie op te tree, watter noodnommer om te skakel en hoe om 'hands-only' KPR toe te pas.Mnr. Jacobs, 'n opvoeder by Paardekloof, in die Witzenbergvallei naby Ceres, het gesê dat dit beslis goed is dat kinders die aanbieding bygewoon het. 'Dit kan beslis help gedurende die vakansie. Selfs ons volwassenes het weer baie geleer.'Kinders van die WarmBokkeveld was ook op 'n daguitstappie na Ceres se plaaslike munisipale swembad. Eoudia Erasmus is gevra om 'n WaterWise-werkswinkel aan te bied - nie om kinders te leer swem nie, maar om hulle bewus te maak van die gevare van water. Op die grasperk, onder die bome, langs 'n glashelder swembad, is talle kinders, waterveiligheid geleer. Na afloop van die aanbieding, het die kinders met nuwe insigte die water geniet.Alhoewel die WaterWise-program uitsluitelik vir kinders daar gestel is, vind volwassenes baie baat by die aanbiedings. Waterveiligheid is dus definitief nie net vir kinders nie, volwassenes moet ten alle tye die reëls nakom.WaterWise word met trots geborg deur TNPABy die Dennebos word kinders geleer hoe om "hands-only" KPR toe te pas. By die Dennebos word kinders geleer hoe om 'hands-only' KPR toe te pas. 'n Groepie leerders van die Witzenbergvallei kyk hoe een van hul maats 'hands-only' KPR oefen. Gurshwin Cloete en sy maat, Nolan Baron demonstreer aan hul maats dat hulle amper verdrink het, toe hulle mekaar uit die water moes help. (Nolan het amper verdrink; Gurshwin het ingespring om te help, maar nie besef dat sy maat hom in die water sal afdruk nie.) 'Ons was amper dood', het hulle vertel.
Next Article

Incidents for 1st and 2nd January

Read More

You may also like

RESCUE OPERATIONS  | Published: 15 SEPTEMBER 2026

NSRI Stilbaai: Young Man Dies After Vehicle Enters Goukou River

NSRI Stilbaai – Duty crew responded early Tuesday morning after a vehicle went into the Goukou River near the river mouth, resulting in the death of a 21-year-old man who was holidaying in the area with family. ...

RESCUE OPERATIONS  | Published: 14 SEPTEMBER 2026

NSRI rescues stranded paddlers in gale-force conditions at Fish Hoek

For close to two hours, two experienced paddlers clung to their capsized surf-ski off Simon's Town, battling 40-knot winds and 2-metre swells with no way to call for help. On Saturday, 12 September, NSRI Simon's Town crew brought them home safely. ...

RESCUE OPERATIONS  | Published: 13 SEPTEMBER 2026

NSRI Simon's Town Rescues Two Hypothermic Paddlers After Near 2-Hour Ordeal in Gale-Force Conditions

On Saturday afternoon, NSRI Simon's Town launched a dramatic sea rescue after two experienced paddlers capsized in gale-force winds and rough seas off Fish Hoek, spending close to two hours battling exhaustion and hypothermia before being found. ...