Donate Shop Find a Base Call for Help Now

NSRI EMERGENCY
OPERATION CENTRE (EOC)

087 094 9774
Swem is die mees gewildste tydverdryf gedurende somervakansies. Dit is egter belangrik om te weet dat kinders, sowel as volwassenes altyd veilig moet wees naby water. Gedurende die Desember-vakansie word talle kinders blootgestel aan die gevare van water, en dit is dus belangrik dat elkeen moet weet hoe om in 'n noodsituasie op te tree, watter noodnommer om te skakel en hoe om 'hands-only' KPR toe te pas.Mnr. Jacobs, 'n opvoeder by Paardekloof, in die Witzenbergvallei naby Ceres, het gesê dat dit beslis goed is dat kinders die aanbieding bygewoon het. 'Dit kan beslis help gedurende die vakansie. Selfs ons volwassenes het weer baie geleer.'Kinders van die WarmBokkeveld was ook op 'n daguitstappie na Ceres se plaaslike munisipale swembad. Eoudia Erasmus is gevra om 'n WaterWise-werkswinkel aan te bied - nie om kinders te leer swem nie, maar om hulle bewus te maak van die gevare van water. Op die grasperk, onder die bome, langs 'n glashelder swembad, is talle kinders, waterveiligheid geleer. Na afloop van die aanbieding, het die kinders met nuwe insigte die water geniet.Alhoewel die WaterWise-program uitsluitelik vir kinders daar gestel is, vind volwassenes baie baat by die aanbiedings. Waterveiligheid is dus definitief nie net vir kinders nie, volwassenes moet ten alle tye die reëls nakom.WaterWise word met trots geborg deur TNPABy die Dennebos word kinders geleer hoe om "hands-only" KPR toe te pas. By die Dennebos word kinders geleer hoe om 'hands-only' KPR toe te pas. 'n Groepie leerders van die Witzenbergvallei kyk hoe een van hul maats 'hands-only' KPR oefen. Gurshwin Cloete en sy maat, Nolan Baron demonstreer aan hul maats dat hulle amper verdrink het, toe hulle mekaar uit die water moes help. (Nolan het amper verdrink; Gurshwin het ingespring om te help, maar nie besef dat sy maat hom in die water sal afdruk nie.) 'Ons was amper dood', het hulle vertel.
Next Article

Incidents for 1st and 2nd January

Read More

You may also like

RESCUE OPERATIONS  | Published: 20 OCTOBER 2026

Belgian tourist recovering after non-fatal drowning near Buffalo Bay

A 48-year-old man from Belgium is expected to be discharged from hospital today after a non-fatal drowning incident at a remote beach between Brenton-on-Sea and Buffalo Bay on Monday afternoon. The man, on a cycling holiday with his family, is ...

RESCUE OPERATIONS  | Published: 20 OCTOBER 2026

Mining vessel crew assisted after RHIB loses motor power

On Saturday morning, NSRI Port Nolloth volunteers on a routine training exercise responded when a local mining vessel raised concern for three of her crew who had gone ashore on their RHIB (rigid hull inflatable boat) and not been heard ...

RESCUE OPERATIONS  | Published: 19 OCTOBER 2026

Injured hiker rescued from Robberg Nature Reserve by NSRI Plettenberg Bay

NSRI Plettenberg Bay duty crew were activated following a request for medical assistance from a group of hikers reporting a female in their group suffering an injury and unable to continue on the walk. ...