Trotse Rietfontein leerders met hul nuwe TNPA WaterWise plakkaat.Deur Eoudia Erasmus:In die hartjie van die KoueBokkeveld is Rietfontein NGK Primere Skool. 'n Pragtige, netjiese skooltjie wat omring is deur vrugteboorde en plaasdamme.Vriendelik word ek verwelkom; die stoeltjies waarop die kinders moet sit tydens die werkswinkel, is reeds uitgepak. Alles net reg vir WaterWise! Opgewonde en vol verwagting gaan sit die kinders klas vir klas om te luister wat hulle vandag geleer gaan word!'n Vakansie-luim in die lug; spontane, vriendelike en lewenslustige kindertjies het heerlik saam gesels en die werkswinkel was weereens vol pret en plesier.Ek kon egter 'n speld hoor val toe koerantberigte van verdrinkings aan die kinders gewys word. Baie van die leerders het spontaan hulle hande opgesteek toe ek vra: 'Wie het al amper verdrink?' Een leerder het vertel hoe 'n maat hom 'gegryp' het, toe hy onder die water verdwyn het. 'Ek is dankbaar dat ek vandag leef - Jy kan nie skreeu nie, want jou kop is onder die water', het hy verder vertel.WaterWise se PLAN en TRIPPLE 'H' (HANDS ONLY CPR) het weereens nog kinders geleer hoe om waterveilig te wees en wat om in 'n noodsituasie te doen. Die ambulans se noodnommer, 10177, het die kleinspan ook sommer gou-gou onder die knie gekry.WaterWise word met trots geborg deur TNPA.
AJ Jantjies maak gereed om KPR te oefen op Annie, die pop.
Luzen Hanse wys vir sy maats hoe om iemand met 'n handoek uit die water te red.
Two more calls for Wilderness
Read MoreFour nautical miles off the Port of Durban, NSRI Durban crew carried out a maritime medical evacuation on Saturday, 26 September, bringing an injured seafarer safely ashore for further treatment. ...
A man has died after getting into difficulty while bodyboarding at Kenton-on-Sea middle beach on Friday, 25 September, despite the efforts of three Good Samaritans and NSRI Port Alfred crew to save his life ...
Congratulations to Charles Booysen, who took this cracking good photograph of a humpback whale breaching in False Bay, while a 73-year-old man who called for help by activating SafeTrx was rescued by Station 10 Simon’s Town volunteers on the 25th ...