Donate Shop Find a Base Call for Help Now

NSRI EMERGENCY
OPERATION CENTRE (EOC)

087 094 9774
WaterWise bied werkswinkel aan by Goedgedacht:Ongeveer 90 jeugdiges van regoor die Wes-Kaap is tans besig met 'n jeugprogram (Path Out of Poverty) op Goedgedacht, 'n plaas naby Malmesbury.Aangesien die kinders afkomstig is van plase en landelike gebiede, is hulle welbekend met damme en riviere. Dit is die plekke waar ontspan, gespeel en gekuier word. Van hierdie betrokke jeugdiges wat die werkswinkel bygewoon het, het ook al amper verdrink of weet van familie of vriende wat verdrink het. Sommige van hulle het selfs kleiner kinders al uit die moeilikheid gehelp!Hierdie jong leiers van hul onderskeie gemeenskappe het een gemeenskaplike opdrag: Neem WaterWise se PLAN en gaan vertel dit aan die jonger kinders: Water kan heerlik wees om in te swem, maar dit kan ook lewensgevaarlik wees.Na afloop van die aanbieding, het die kinders nog vrae gevra en waardering uitgespreek ook die baie insiggewende inligting wat WaterWise aan hulle gebied het.Ingrid Lestrade, program ko-ordineerder, wil graag he dat WaterWise ook gedurende hul volgende POP-program, wat Junie-vakansie sal plaasvind, weer werkswinkels moet aanbied. Die jeug het dit werklik geniet, en baie geleer!
Next Article

Lyonesse taken to Hout Bay

Read More

You may also like

RESCUE OPERATIONS  | Published: 28 SEPTEMBER 2026

NSRI Durban completes maritime medevac 4 nautical miles offshore

Four nautical miles off the Port of Durban, NSRI Durban crew carried out a maritime medical evacuation on Saturday, 26 September, bringing an injured seafarer safely ashore for further treatment. ...

RESCUE OPERATIONS  | Published: 27 SEPTEMBER 2026

Man dies after bodyboarding incident at Kenton-on-Sea

A man has died after getting into difficulty while bodyboarding at Kenton-on-Sea middle beach on Friday, 25 September, despite the efforts of three Good Samaritans and NSRI Port Alfred crew to save his life ...

AWARDS  | Published: 25 SEPTEMBER 2026

Photo of the Month: September 2026

Congratulations to Charles Booysen, who took this cracking good photograph of a humpback whale breaching in False Bay, while a 73-year-old man who called for help by activating SafeTrx was rescued by Station 10 Simon’s Town volunteers on the 25th ...