Donate Shop Find a Base Call for Help Now

NSRI EMERGENCY
OPERATION CENTRE (EOC)

087 094 9774
Kinders wat wil leer, leer gewoonlik vinniger en onthou ook langer! Selfs op die foto'swat aangeheg is, kan ons die leergierigheid en positiewe gesindheid van diekinders sien.Ek was ongeveer 2 jaar gelede by dieselfde skool; van die groter kinders kon die WaterWise-boodskap baie goed onthou. (Ek moes my ou wit handskoen met rooi letters, P L A N uit my sak haal, want hulle wou weet of ek dit steeds gebruik! Intussen het ek die handskoen vervang met pragtige duidelike rooi letters, soos op die foto's aangedui.)Alhoewel die Koue Bokkeveld, die gebied waar die kinders grootword, vreeslik koud word in die winter, word dit ontsettend warm in die somer. Die kinders se ouers werk hoofsaaklik op plase gedurende seisoentyd, dus gaan swem kinders soms sonder volwasse toesig. (Kinders erken dit nie altyd in die teenwoordigheid van die onderwysers en ouers nie, want hulle word verbied om in damme te swem - veral sonder volwasse toesig, en omdat ouers weet dat dit gevaarlik is.)Die WaterWise-werkswinkels help die kinders om voorsorgmaatreels te tref. Skielik besef die kinders: 'Wat gaan ons doen as een van ons maatjies verdrink?' 'Hoe gaan ons optree en vir wie sal ons bel?'Ek glo dat elke kind, na afloop van die WaterWise-werkswinkel, definitief beter toegerus is, en nuwe lewensvaardighede aangeleer het.Veels geluk aan die skoolhoof en sy personeel met netjiese, goed gedissiplineerde kinders!
Next Article

NSRI Golf day at Royal Port Alfred Golf Club

Read More

You may also like

RESCUE OPERATIONS  | Published: 28 SEPTEMBER 2026

NSRI Durban completes maritime medevac 4 nautical miles offshore

Four nautical miles off the Port of Durban, NSRI Durban crew carried out a maritime medical evacuation on Saturday, 26 September, bringing an injured seafarer safely ashore for further treatment. ...

RESCUE OPERATIONS  | Published: 27 SEPTEMBER 2026

Man dies after bodyboarding incident at Kenton-on-Sea

A man has died after getting into difficulty while bodyboarding at Kenton-on-Sea middle beach on Friday, 25 September, despite the efforts of three Good Samaritans and NSRI Port Alfred crew to save his life ...

AWARDS  | Published: 25 SEPTEMBER 2026

Photo of the Month: September 2026

Congratulations to Charles Booysen, who took this cracking good photograph of a humpback whale breaching in False Bay, while a 73-year-old man who called for help by activating SafeTrx was rescued by Station 10 Simon’s Town volunteers on the 25th ...