Donate Shop Find a Base Call for Help Now

NSRI EMERGENCY
OPERATION CENTRE (EOC)

087 094 9774
WaterWise besoek nog nasorgsentrum in die KoueBokkeveld:Oppad na die nasorg sentrum van Lindeshof, 'n plaas in die Koue Bokkeveld, ongeveer 60km buite Ceres, ry ons verby verskeie damme. Die gesprek in die motor gaan oor kinderverdrinkings en ons vra vir mekaar, ons wonder hoe gereeld kinders in die damme swem.Marchen Nero van Badisa wat my genader het om die nasorgsentrums op die plase te besoek, woon die werkswinkel by. Ons kry dadelik antwoorde op al ons vrae:Swem julle in die plaasdamme? Ja en in riviere, voeg hulle by.Wie het al amper verdrink? Skaam-skaam steek 'n paar hulle hande op. Vinnig wys hulle na mekaar: 'jy't ook! en jy ook!!'Ken julle kinders wat al verdrink het? Ja, hulle onthou van iemand.Wie kan almal swem? ... natuurlik steek 95% hul hande op.En as die water so diep is soos die dak? Nee - nooit! Omtrent niemand kan dan swem nie!Die hoofdoel van die WaterWise-program is om die kinders bewus te maak van die gevare rondom damme, riviere, kanale en natuurlik die see en wat om in noodsituasies te doen.Tydens die werkswinkels word die kinders toegerus met die nodige kennis, sodat hulle presies weet wat om in 'n noodsituasie te doen.WaterWise leer nie die kinders swem nie, maar hulle weet hoe om om te tree, watter noodnommer om te skakel en hoe om 'hands on CPR' te doen.
Next Article

WaterWise party in East London

Read More

You may also like

Whats App Image 2026 08 20 at 16 24 20 2
NEWS  | Published: 20 August 2026

NSRI rescue vessel Spirit of Ubuntu arrives at her new home in Hout Bay

The National Sea Rescue Institute’s (NSRI) newest Offshore Rescue Craft (ORC), Spirit of Ubuntu, has completed her journey from Table Bay and arrived at her new home at NSRI Station 8 Hout Bay yesterday, 19 August 2026. ...

Whats App Image 2026 08 16 at 08 41 37
RESCUES  | Published: 16 August 2026

NSRI Gqeberha: A dog rescued

Dog rescued after being swept 200 metres out to sea off Pollock Beach, Gqeberha ...

Whats App Image 2026 08 16 at 07 59 25
 | Published: 16 August 2026

NSRI Honours Grootdraai Dam Rescue, Wilderness Surfers’ Bravery, and 55 Years of Service at 59th Awards Ceremony and Annual General Meeting

NSRI Honours Grootdraai Dam Rescue, Wilderness Surfer's Bravery, and 55 Years of Service at 59th Awards Ceremony and Annual General Meeting ...