Donate Shop Find a Base Call for Help Now

NSRI EMERGENCY
OPERATION CENTRE (EOC)

087 094 9774
Somermaande is swemtyd en sinoniem met vakansie by die see! Laerskool Gericke se leerkragte weet dit, daarom het hulle, voor die vakansie begin, vir WaterWise gevra om die skool te besoek. Die kinders wat nie see toe gaan nie, geniet hul eie swembad, die plaaslike munisipale swembad, of plaasdamme en riviere. Swem kan dus prettig wees, maar ook lewensgevaarlik. Verdrinkings is een van die grootste oorsake van kindersterftes in Suid-Afrika, en hierdie syfer kan heelwat daal indien kinders bewus gemaak word van die gevare van water.Dit bly egter ontstellend om telke male te hoor hoeveel kinders al 'amper' verdrink het.Die volgende 2 feite is egter duidelik:- Kinders gaan swem sonder volwasse toesig- Kinders oorskat soms hul vermoeens (baie glo dat hulle goed kan swem, maar dit is nie werklik die geval nie.) Coshla se kinders opgewonde om KPR te leer:Plaaskinders wat gereeld somermaand in plaasdamme en riviere afkoel, het vanmiddag grootoog na WaterWise se storie geluister. Van hulle het al amper verdrink; sommige het al maats uit die water gehelp en ander sal nooit weer swem nie, want hulle is te bang.Die WaterWise werkswinkel wat op 'n plaas, in die skuur gehou is, het die kinders werklik geniet. 'Dis nie sommer elke dag wanneer gaste by ons kom kuier nie; en dan nog met sulke belangrike goed!' het een van die kinders opgemerk.Ja, waterveiligheid is belangrik en ek glo die kinders sal altyd die PLAN en KPR onthou.
Next Article

CAPE TOWN: EPIC YACHT RESCUE

Read More

You may also like

RESCUE OPERATIONS  | Published: 28 SEPTEMBER 2026

NSRI Durban completes maritime medevac 4 nautical miles offshore

Four nautical miles off the Port of Durban, NSRI Durban crew carried out a maritime medical evacuation on Saturday, 26 September, bringing an injured seafarer safely ashore for further treatment. ...

RESCUE OPERATIONS  | Published: 27 SEPTEMBER 2026

Man dies after bodyboarding incident at Kenton-on-Sea

A man has died after getting into difficulty while bodyboarding at Kenton-on-Sea middle beach on Friday, 25 September, despite the efforts of three Good Samaritans and NSRI Port Alfred crew to save his life ...

AWARDS  | Published: 25 SEPTEMBER 2026

Photo of the Month: September 2026

Congratulations to Charles Booysen, who took this cracking good photograph of a humpback whale breaching in False Bay, while a 73-year-old man who called for help by activating SafeTrx was rescued by Station 10 Simon’s Town volunteers on the 25th ...