Oppad na Boy Muller, 'n skool in die KoueBokkeveld, ry ek verby verskeie plaasdamme. Vir watter kind sal dit nie lekker wees om in so 'n dam te swem nie ... wat nog te se as ek op 'n plaas sou woon?!Die skool is ongeveer 65km buite Ceres ... Netjiese skool en koshuis waar Gr.7,8,9 leerders gedurende die week gehuisves word en skoolgaan.'Dis naweke, wanneer dit warm is! - dan gaan swem ons in die damme.' Natuurlik mag die kinders nie in die damme gaan swem nie. Elke dam het kennisgewingsborde op: SWEM VERBODEKinders is onbewus van al die gevare, daarom kan hulle maklik in gevaarsituasies beland. Ek wys vir die kinders 'n paar koerantuitknipsels van die afgelope 2 jaar se verdrinkings. Hulle raak stil voor my ... ek wonder waaraan hulle dink ... moontlik is hulle baie dankbaar dat hulle vandag leef? ... en na WaterWise kan luister! Verdrinkings is 'n tragiese ongeluk wat jaarliks duisende jong lewens eis. Baie, miskien al hierdie kinders, kon dalk gered gewees het, as hulle beter ingelig was en hulle opgelei was om gevaar te ontduik. Selfs die groep wat voor my sit, ken mense wat in die verlede verdrink het.Die praktiese oefen-sessie met die KPR-pop was natuurlik weer die hoogtepunt. Hulle het dit vreeslik geniet. Dis belangrik dat kinders moet weet wat om in 'n bepaalde situasie te doen en hoe om borskaskompressies te gee terwyl op 'n ambulans gewag moet word.Na afloop van die aanbieding het die hoofseun genoem dat dit belangrike inligting is wat elke kind een of ander tyd sal gebruik.
Masked Ball
Read MoreNSRI Gqeberha crew assisted EMS in treating a fisherman who fell ill aboard a Chokka fishing boat off Port Elizabeth last night, ensuring he received urgent medical care and a safe transfer to hospital. ...
The National Sea Rescue Institute (NSRI) encourages South Africans to use National Wills Week, from 14 to 18 September 2026, to draft or update their wills and consider leaving a legacy gift that will help save lives for generations to come. ...
National Sea Rescue Institute (NSRI) Hout Bay volunteer crew recovered a Hout Bay Yacht Club (HBYC) racing buoy at sea on Saturday, 5 September, after it broke free from its mooring and was swept out into Hout Bay in gale ...