Oppad na Boy Muller, 'n skool in die KoueBokkeveld, ry ek verby verskeie plaasdamme. Vir watter kind sal dit nie lekker wees om in so 'n dam te swem nie ... wat nog te se as ek op 'n plaas sou woon?!Die skool is ongeveer 65km buite Ceres ... Netjiese skool en koshuis waar Gr.7,8,9 leerders gedurende die week gehuisves word en skoolgaan.'Dis naweke, wanneer dit warm is! - dan gaan swem ons in die damme.' Natuurlik mag die kinders nie in die damme gaan swem nie. Elke dam het kennisgewingsborde op: SWEM VERBODEKinders is onbewus van al die gevare, daarom kan hulle maklik in gevaarsituasies beland. Ek wys vir die kinders 'n paar koerantuitknipsels van die afgelope 2 jaar se verdrinkings. Hulle raak stil voor my ... ek wonder waaraan hulle dink ... moontlik is hulle baie dankbaar dat hulle vandag leef? ... en na WaterWise kan luister! Verdrinkings is 'n tragiese ongeluk wat jaarliks duisende jong lewens eis. Baie, miskien al hierdie kinders, kon dalk gered gewees het, as hulle beter ingelig was en hulle opgelei was om gevaar te ontduik. Selfs die groep wat voor my sit, ken mense wat in die verlede verdrink het.Die praktiese oefen-sessie met die KPR-pop was natuurlik weer die hoogtepunt. Hulle het dit vreeslik geniet. Dis belangrik dat kinders moet weet wat om in 'n bepaalde situasie te doen en hoe om borskaskompressies te gee terwyl op 'n ambulans gewag moet word.Na afloop van die aanbieding het die hoofseun genoem dat dit belangrike inligting is wat elke kind een of ander tyd sal gebruik.
Masked Ball
Read MoreA 48-year-old man from Belgium is expected to be discharged from hospital today after a non-fatal drowning incident at a remote beach between Brenton-on-Sea and Buffalo Bay on Monday afternoon. The man, on a cycling holiday with his family, is ...
On Saturday morning, NSRI Port Nolloth volunteers on a routine training exercise responded when a local mining vessel raised concern for three of her crew who had gone ashore on their RHIB (rigid hull inflatable boat) and not been heard ...
NSRI Plettenberg Bay duty crew were activated following a request for medical assistance from a group of hikers reporting a female in their group suffering an injury and unable to continue on the walk. ...