Ek ry verby verskeie damme, oppad na 'n WaterWise werkswinkel by 'n plaasskool, Rietfontein N.G.K. Primer, ongeveer 60 km vanaf Ceres. Water ... damme, riviere ... noodsaaklik vir enige boerdery. Maar dit kan ook lewensgevaarlik wees.Toe ek by die skool aankom, is dit nog pouse en kinders speel en baljaar buite rond; Vir 'n meer welkome ontvangs kon ek nie gevra het nie. Kinders hardloop spontaan nader; sommige onthou my van 'n vorige besoek. 'Dis te koud om vandag te swem!' roep een van die kinders.'Nee, man!' se 'n ander een. 'Mens kan ook in die winter verdrink!'Die werkswinkel word sommer op die stoep van die skool aangebied; dis heerlik in die wintersonnetjie en die kinders geniet dit om buite te wees.Al die hande skiet in die lug toe ek vra: 'Wie van julle swem graag in 'n plaasdam?' 'Wie kan swem?' Alle hande weer in lug.'En as die dam diep is ... en die water tot so hoog soos die skool se dak?' 'O, nee!!' Net een of 2 hande word toe opgesteek.Waterveiligheidswenke word bespreek; hulle word geleer wat om in 'n noodsituasie te doen en hoe om op te tree. Die praktiese oefening van KPR bly natuurlik die hoogtepunt.deur Eoudia Erasmus.
Man bitten by shark at Cintsa
Read MoreFour nautical miles off the Port of Durban, NSRI Durban crew carried out a maritime medical evacuation on Saturday, 26 September, bringing an injured seafarer safely ashore for further treatment. ...
A man has died after getting into difficulty while bodyboarding at Kenton-on-Sea middle beach on Friday, 25 September, despite the efforts of three Good Samaritans and NSRI Port Alfred crew to save his life ...
Congratulations to Charles Booysen, who took this cracking good photograph of a humpback whale breaching in False Bay, while a 73-year-old man who called for help by activating SafeTrx was rescued by Station 10 Simon’s Town volunteers on the 25th ...