Ek het die voorreg om gereeld skole te besoek. Die WaterWise Werkswinkels het gewoonlik 'n natuurlike aantrekkingskrag en dis hier wat 'n mens duidelik die positiewe gesindheid en belangstelling van die personeel kan opmerk.Die opmerking wat egter gereeld na die oppervlak gedryf word, is: 'Kinders swem gereeld sonder volwasse toesig! Hierdie praatjie was wonderlik vir ons kinders!'Dis tog onvermydelik om van tyd tot tyd self die stelling ten minste in jou gedagtes te sê: Dankie vir 'n projek soos WaterWise wat kinders help en bewus maak van gevare in en rondom water.Dit som ook in 'n mate my gevoelens as aanbieder op. Besef enigiemand anders wat die onuitgesproke gedagtes en gevoelens is, van diegene wat amper verdrink het?Vanoggend was daar weer 'n seuntjie in die groep wat 'amper' verdrink het. Al die maatjies rondom hom vertel ... behalwe hy. Hy sit doodstil, koppie gesak en ogies vol trane.Is hy steeds bang? ... Hoe lank loop hy al met die vrees? Sal hy ooit vir sy maatjies vertel hoe hy gevoel het? En ek bly wonder ... hoe 'amper' is die amperse verdrinking?Dankie dat hy vandag ‘n aanbieding van WaterWise-aanbieding kan bywoon – en kan leer wat om in ‘n noodsituasie te doen!Eoudia Erasmus
Plettenberg Bay – British women rescued from hiking trail
Read MoreNorman Rautenbach, NSRI Richards Bay station commander, said: At 14h29, Monday, 19 October, NSRI Richards Bay duty crew were placed on alert to prepare for a maritime medical evacuation operation for 3 male seafarers injured onboard a 292-meter bulk carrier ...
A 48-year-old man from Belgium is expected to be discharged from hospital today after a non-fatal drowning incident at a remote beach between Brenton-on-Sea and Buffalo Bay on Monday afternoon. The man, on a cycling holiday with his family, is ...
On Saturday morning, NSRI Port Nolloth volunteers on a routine training exercise responded when a local mining vessel raised concern for three of her crew who had gone ashore on their RHIB (rigid hull inflatable boat) and not been heard ...