Ek het die voorreg om gereeld skole te besoek. Die WaterWise Werkswinkels het gewoonlik 'n natuurlike aantrekkingskrag en dis hier wat 'n mens duidelik die positiewe gesindheid en belangstelling van die personeel kan opmerk.Die opmerking wat egter gereeld na die oppervlak gedryf word, is: 'Kinders swem gereeld sonder volwasse toesig! Hierdie praatjie was wonderlik vir ons kinders!'Dis tog onvermydelik om van tyd tot tyd self die stelling ten minste in jou gedagtes te sê: Dankie vir 'n projek soos WaterWise wat kinders help en bewus maak van gevare in en rondom water.Dit som ook in 'n mate my gevoelens as aanbieder op. Besef enigiemand anders wat die onuitgesproke gedagtes en gevoelens is, van diegene wat amper verdrink het?Vanoggend was daar weer 'n seuntjie in die groep wat 'amper' verdrink het. Al die maatjies rondom hom vertel ... behalwe hy. Hy sit doodstil, koppie gesak en ogies vol trane.Is hy steeds bang? ... Hoe lank loop hy al met die vrees? Sal hy ooit vir sy maatjies vertel hoe hy gevoel het? En ek bly wonder ... hoe 'amper' is die amperse verdrinking?Dankie dat hy vandag ‘n aanbieding van WaterWise-aanbieding kan bywoon – en kan leer wat om in ‘n noodsituasie te doen!Eoudia Erasmus
Plettenberg Bay – British women rescued from hiking trail
Read MoreFour nautical miles off the Port of Durban, NSRI Durban crew carried out a maritime medical evacuation on Saturday, 26 September, bringing an injured seafarer safely ashore for further treatment. ...
A man has died after getting into difficulty while bodyboarding at Kenton-on-Sea middle beach on Friday, 25 September, despite the efforts of three Good Samaritans and NSRI Port Alfred crew to save his life ...
Congratulations to Charles Booysen, who took this cracking good photograph of a humpback whale breaching in False Bay, while a 73-year-old man who called for help by activating SafeTrx was rescued by Station 10 Simon’s Town volunteers on the 25th ...