WaterWise help Isaac van Wyk om sy maat se lewe te red.
Curshwell de Flam (seun met rooi hemp) het saam met ‘n paar van sy maats in ‘n plaasdam, net buite Ceres geswem. ‘n Heerlike uitstappie het amper ontaard in ‘n tragedie, toe Curshwell van ‘n binneband gegly het, en in diep water beland het. Chaos het tussen die maats geheers toe Curshwell begin skreeu om hulp. Gelukkig het die kleinste en jongste van almal, Isaac van Wyk (heel voor op die foto), kopgehou! Hy het onmiddelik aan WaterWise se PLAN gedink en dadelik ‘n stok gesoek! Gelukkig het hy ook ‘n tou in die hande gekry, waarmee hy sy maatjie uit die water kon help.
(WaterWise het gedurende 2010 ‘n werkswinkel by Northridge Primer gehou.)
WaterWise red nog n lewe
