Skip to content
  • Shop
  • SafeTrx
  • Contact Us
Facebook Twitter Instagram Flickr YouTube RSS
NSRI Logo
Donate now
Donate now Get involved
  • Newsroom
    • Rescues
  • About Us
    • Governance
    • Stakeholders
    • Values
    • Brand Ambassadors
    • Staff
    • Vacancies
    • History
    • Technology
  • Rescue
    • Base Finder
    • Infrastructure
    • In-House Training Academy
    • Lifeguards
  • Education
    • Water Safety Lessons in Schools
    • Pink Rescue Buoys
    • Emergency Signage
    • Rip Currents
    • Awareness Campaigns
    • Western Cape Drowning Prevention Framework
    • BravoBravo
  • Funding
    • Partnering with us
    • Sponsor a boat
    • Leave a gift in your will
    • Assets for sale
  • Library
    • Annual Reports
    • Sea Rescue Magazine
    • Ad Campaigns
    • Download Images and Artwork
    • Downloadable Posters
    • Policies
    • Guidelines
  • Donate to Win
    • NSRI Double Mitsubishi Draw
    • Win R50 000 each month
search
  • Newsroom
  • About Us
    • Brand Ambassadors
  • Shop
  • Rescue
  • Education
  • Funding
  • Library
  • Donate to Win
  • SafeTrx
  • Contact Us
search
close
  • You are here: Home
  • /
  • News
  • /
  • Dankie Plett

Dankie Plett

News / 2 December 2010

The Sally-Joan being launched at Plett.

The Sally-Joan being launched at Plett.

Aan al die manne van Stasie 14

Ek wil graag ons storie ook vertel maar dit is anders en bietjie (baie) snaaks!! Ons lewens was nooit in gevaar nie net party mense se ego het n groot knou gekry!! Baie goed dat dit ook partykeer gebeur! Hou mens naby die aarde!!

Ons bly in Bloubergstrand en moes vir besigheid Port Elizabeth toe gaan. Besluit toe om ons boot ook saam te sleep en sommer die naweek by Plet deur te bring. Ons het n Flamingo, agtien en n half voet en haar naam is Kittykatoo!! So hak ons haar agter ons Chevy (Lumina SS V8) en daar sit ons toe af P.E. toe! Besigheid afgehandel besluit ons toe om die Vrydag oggend bietjie te gaan visvang in die see naby Robberg.

So gese so gedaan! Trek ons gumboots aan en sit ons nat pakkies (erg lemmetjie groen, broek en baadjie) in die boot. Vat vir ons koeldrank en tee saam vir die dag en ons te lawe tussen die baie visse wat ons gaan vang. Het prawns gepomp en n lintwurm ook gekry. Sardientjies en chokka ook gekoop vir die groot visvang ekspidisie wat voorle.

Ons het by die Forever Resorts net buite Plet gebly. Sit toe vir Kittykatoo in net anderkant die rivier van waar ons bly in. Daar waar die natuurbewaring se kantoortjie is waar ons die lisensie moes uitneem, want dis baie vlak daar by Forever. James is n baie ervare seeman en het sy skippers lesensie al n rukkie. Ek maar dommerig met al die goed maar leer vinnig!! So ry ons in rivier af, deur die lagoon tot so 200 meter van monding af en stop dat ons alles eers mooi kan uitkyk. Skakel oor na die vol petroltenk dat ons nie dalk n foutjie kry nie! Nou is ons reg!! Gaan oor die 1e brander. Alles reg! Maar toe ons die 2e brander tref en James die boot wil draai tussen die 2 branders in toe breek die stuurkabel!! Chaos!! Al wat hy vir my se is “Bok nou is ons in die K…! Weet nie hoe het ons dit reggekry om nie om te val nie maar bly gelukkig bo. Iemand wat visgevang het op die wal sien toe dat ons moeilikheid het en gaan bel die NSRI! Baie dankie aan hom ook!! Ons spook verder… James sit toe die pyp in dat ons die enjin per hand kan draai maar die steek toe vas!! Niks draai of beweeg nie! By daardie tyd is ons altwee taamlik paniekerig maar ek besluit toe van hier af kan ons uitswem maar die see gaan die boot op die rotse laat beland. James gryp n spaan (so n klein feeble plastiese eenetjie)  en roei dat die sweet aftap (met n paar byvoeglike naamwoorde tussen in natuurlik) ! Elke keer as ons reguit is gee hy bietjie vet dan gaan ons oor die volgende brander!! So hou hy toe aan tot ons oor al die branders tot in die see is!! Nou is ons veilig maar wat nou! Hy gou  die anker uit. En toe ons nou mooi veilig is toe trek ons ons “lifejackets” aan! Bietjie laat maar darem!  Net toe stop daar n boot met klomp toeriste op wat gaan walvisse kyk by ons en vra of ons ok is. Vertel wat die probleem is en hy bel ook die NSRI. Al die toeriste neem fot’s van die gestrande boot met die twee poepolle op!

Ons bel toe ons kantoor in Kaapstad en vra vir Kim om ook die NSRI te bel en ons nr vir hulle te gee. Hulle bel ons toe en vra of ons ok is. Kon die stasie sien vanwaar ons was. Sien toe hulle bring die boot uit en kom na ons toe. By daardie tyd het ons darem n teetjie gedrink om die bewerasie stil te maak! Andrew, Andries, Matt en Jaco kom toe tot ons redding!! Haak vir Kittykatoo, sit ons by hulle op Sally Joan, en daar gaan ons! Vat ons toe na die karavaanpark se launch plek toe. Hulle reel toe dat iemand ons daar oplaai en na ons motor en sleepwa toe vat. Hulle reel ook met die bestuurder van karavaanpark om ons die boot te help uitsleep met hulle trekker want die Chevy hou nie eintlik van op sand ry nie!! Almal baie behulpsaam en vriendelik!! Awesome!! Vat die boot  toe na die Yamaha plek en hulle het toe gelukkig n kabel en maak dit toe sommer reg die Vrydagmiddag! Ons het toe natuurlik na al die opwinding n versterkinkie nodig. Kry dit toe by die Deck reastaurant.

Saterdagoggend besluit ons twee toe maar nou moet ons weer uitgaan want as n perd jou afgegooi het dan moet jy weer opklim anders gaan jy dit nooit weer doen nie!! So gese so gedaan. Daar gaan ons twee toe weer. Stop toe weer ons alles reg te maak net voor die mond en trek toe sommer ons veiligheidsbaadjies ook aan! Betyds die keer! Ons is maar erg bewerig maar daar gaan ons toe! Dink almal by die Deck restaurant het na hulle asems gesnak toe hulle sien hier kom die twee narre weer! Gaan toe baie goed gaan baie mooi en netjies uit en daaar is ons toe in die see. Maar het toe nie lus vir visvang nie is maar bietjie bewerig! Maar ons kan mos nou! Daar gaan ons toe weer terug! James konsentreer so hard om ons terug te kry en die boot reg deur en tussen die branders te kry dat ons nie mooi oplet nie en daar ry ons toe op n sandband vas!! Daar sit ons toe weer! Maar gelukkig kom ons toe darem self daar af en stert tussen die bene is ons maar terug kamp toe.

Moes toe weer gaan troos soek by die Deck! Sondagoggend het ons die boot gehak en die pad teruggevat Kaap toe! Ek dink tot baie blydskap van die hele NSRI.

Het n donasie gemaak om te se baie dankie vir alles. Dit was n klomp wonderlike mense en hulle doen n awesome werk!

Ek dink daar moet so nou en dan sulkes soos ons wees wat almal darem net weer n slag kan laat lag!! End goed alles Goed!!!

Nogmaals baie dankie vir almal wat so vriendelik en hulpvaardig was! Ons waardeer dit regtig baie! (laat ons maar weet as julle weer bietjie pret wil he)

James en Rene Bartlett en Kittykatoo
Bloubergstrand

  • Share
  • Tweet
  • LinkedIn
View previous story
View next story
  • Categories

  • Archives

  • Platinum Partners

    Platinum membership is an exclusive opportunity. Participation is limited to ten partners at any one time. Membership is seen as a long term partnership and brand investment over 5 years.


    Platinum partners


    Strategic Partners

    Magazine & Press Releases
    Receive news about the NSRI’s services, rescues, events, and more.

    • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

    South African flag The Charity that Saves Lives on South African Waters

    • Newsroom
    • About Us
    • Rescue Bases
    • SafeTrx

    Head Office

    Mon - Fri 08:00 - 16:00

    1 Glengariff Road
    Three Anchor Bay
    Cape Town, 8005

    33° 54’ 32” S; 18° 23’ 53” E

    Contact Info

    Tel: +27 21 434 4011
    Fax: +27 21 434 1661
    E-mail: info@searescue.org.za

    PO Box 154, Green Point, 8051
    South Africa

    Registration Numbers

    Co. Reg. No: 1967/013618/08
    NPO Reg. No. 002 – 870

    Facebook Twitter Instagram Flickr YouTube RSS
    Back to top
    • Site Index
    • Terms and Conditions
    • Privacy Policy
    • NSRI Training Academy

    © 2021 NSRI. All rights reserved.

    Emergency Numbers

    Sea Rescue emergency number from your cell phone: 112

    NORTHERN CAPE

    063 698 8971       Port Nolloth


    WESTERN CAPE

    060 960 3027      Lamberts Bay
    082 990 5966      Mykonos
    082 990 5974      Yzerfontein
    082 990 5958      Melkbosstrand
    082 990 5963      Table Bay
    082 990 5962      Bakoven
    082 990 5964      Hout Bay
    082 990 5979      Kommetjie
    082 990 5965      Simon’s Town
    082 990 6753      Strandfontein
    072 448 8482      Gordon’s Bay
    082 990 5967      Hermanus
    082 990 5952      Agulhas
    082 990 5957      Witsand
    082 990 5978      Still Bay
    082 990 5954      Mossel Bay
    082 990 5955      Wilderness
    082 990 5956      Knysna
    082 990 5975      Plettenberg Bay
    072 446 6344      Theewaterskloof Dam
    082 990 5980      Air Sea Rescue Unit


    EASTERN CAPE 

    082 990 5968      Oyster Bay
    082 990 5969      St Francis Bay
    079 916 0390      Jeffreys Bay
    082 990 0828      Port Elizabeth
    082 990 5971      Port Alfred
    082 990 5972      East London
    082 550 5430      Port St Johns


    KZN  

    082 990 5951      Port Edward
    082 990 5950      Shelly Beach
    072 652 5158      Rocky Bay
    060 305 4803      Ballito
    082 990 5948      Durban
    082 990 5949      Richards Bay


    MPUMALANGA

    060 962 2620      Witbank Dam


    GAUTENG  

    060 991 9301      Gauteng


    NORTH WEST

    082 990 5961      Hartbeespoort Dam


    FREE STATE

    072 903 9572      Vaal Dam

     


    After hours, should you require our assistance,
    please do not hesitate to call: NSRI Emergency Operation Centre (EOC) 087 094 9774

    You can download the high res pdf of the emergency numbers here

    • Share
    • Tweet
    • LinkedIn

    For COVID-19 updates, visit official government website www.sacoronavirus.co.za