Donate Shop Find a Base Call for Help Now

NSRI EMERGENCY
OPERATION CENTRE (EOC)

087 094 9774
Aan al die manne van Stasie 14Ek wil graag ons storie ook vertel maar dit is anders en bietjie (baie) snaaks!! Ons lewens was nooit in gevaar nie net party mense se ego het n groot knou gekry!! Baie goed dat dit ook partykeer gebeur! Hou mens naby die aarde!!Ons bly in Bloubergstrand en moes vir besigheid Port Elizabeth toe gaan. Besluit toe om ons boot ook saam te sleep en sommer die naweek by Plet deur te bring. Ons het n Flamingo, agtien en n half voet en haar naam is Kittykatoo!! So hak ons haar agter ons Chevy (Lumina SS V8) en daar sit ons toe af P.E. toe! Besigheid afgehandel besluit ons toe om die Vrydag oggend bietjie te gaan visvang in die see naby Robberg.So gese so gedaan! Trek ons gumboots aan en sit ons nat pakkies (erg lemmetjie groen, broek en baadjie) in die boot. Vat vir ons koeldrank en tee saam vir die dag en ons te lawe tussen die baie visse wat ons gaan vang. Het prawns gepomp en n lintwurm ook gekry. Sardientjies en chokka ook gekoop vir die groot visvang ekspidisie wat voorle.Ons het by die Forever Resorts net buite Plet gebly. Sit toe vir Kittykatoo in net anderkant die rivier van waar ons bly in. Daar waar die natuurbewaring se kantoortjie is waar ons die lisensie moes uitneem, want dis baie vlak daar by Forever. James is n baie ervare seeman en het sy skippers lesensie al n rukkie. Ek maar dommerig met al die goed maar leer vinnig!! So ry ons in rivier af, deur die lagoon tot so 200 meter van monding af en stop dat ons alles eers mooi kan uitkyk. Skakel oor na die vol petroltenk dat ons nie dalk n foutjie kry nie! Nou is ons reg!! Gaan oor die 1e brander. Alles reg! Maar toe ons die 2e brander tref en James die boot wil draai tussen die 2 branders in toe breek die stuurkabel!! Chaos!! Al wat hy vir my se is 'Bok nou is ons in die K...! Weet nie hoe het ons dit reggekry om nie om te val nie maar bly gelukkig bo. Iemand wat visgevang het op die wal sien toe dat ons moeilikheid het en gaan bel die NSRI! Baie dankie aan hom ook!! Ons spook verder... James sit toe die pyp in dat ons die enjin per hand kan draai maar die steek toe vas!! Niks draai of beweeg nie! By daardie tyd is ons altwee taamlik paniekerig maar ek besluit toe van hier af kan ons uitswem maar die see gaan die boot op die rotse laat beland. James gryp n spaan (so n klein feeble plastiese eenetjie) en roei dat die sweet aftap (met n paar byvoeglike naamwoorde tussen in natuurlik) ! Elke keer as ons reguit is gee hy bietjie vet dan gaan ons oor die volgende brander!! So hou hy toe aan tot ons oor al die branders tot in die see is!! Nou is ons veilig maar wat nou! Hy gou die anker uit. En toe ons nou mooi veilig is toe trek ons ons 'lifejackets' aan! Bietjie laat maar darem! Net toe stop daar n boot met klomp toeriste op wat gaan walvisse kyk by ons en vra of ons ok is. Vertel wat die probleem is en hy bel ook die NSRI. Al die toeriste neem fot's van die gestrande boot met die twee poepolle op!Ons bel toe ons kantoor in Kaapstad en vra vir Kim om ook die NSRI te bel en ons nr vir hulle te gee. Hulle bel ons toe en vra of ons ok is. Kon die stasie sien vanwaar ons was. Sien toe hulle bring die boot uit en kom na ons toe. By daardie tyd het ons darem n teetjie gedrink om die bewerasie stil te maak! Andrew, Andries, Matt en Jaco kom toe tot ons redding!! Haak vir Kittykatoo, sit ons by hulle op Sally Joan, en daar gaan ons! Vat ons toe na die karavaanpark se launch plek toe. Hulle reel toe dat iemand ons daar oplaai en na ons motor en sleepwa toe vat. Hulle reel ook met die bestuurder van karavaanpark om ons die boot te help uitsleep met hulle trekker want die Chevy hou nie eintlik van op sand ry nie!! Almal baie behulpsaam en vriendelik!! Awesome!! Vat die boot toe na die Yamaha plek en hulle het toe gelukkig n kabel en maak dit toe sommer reg die Vrydagmiddag! Ons het toe natuurlik na al die opwinding n versterkinkie nodig. Kry dit toe by die Deck reastaurant.Saterdagoggend besluit ons twee toe maar nou moet ons weer uitgaan want as n perd jou afgegooi het dan moet jy weer opklim anders gaan jy dit nooit weer doen nie!! So gese so gedaan. Daar gaan ons twee toe weer. Stop toe weer ons alles reg te maak net voor die mond en trek toe sommer ons veiligheidsbaadjies ook aan! Betyds die keer! Ons is maar erg bewerig maar daar gaan ons toe! Dink almal by die Deck restaurant het na hulle asems gesnak toe hulle sien hier kom die twee narre weer! Gaan toe baie goed gaan baie mooi en netjies uit en daaar is ons toe in die see. Maar het toe nie lus vir visvang nie is maar bietjie bewerig! Maar ons kan mos nou! Daar gaan ons toe weer terug! James konsentreer so hard om ons terug te kry en die boot reg deur en tussen die branders te kry dat ons nie mooi oplet nie en daar ry ons toe op n sandband vas!! Daar sit ons toe weer! Maar gelukkig kom ons toe darem self daar af en stert tussen die bene is ons maar terug kamp toe.Moes toe weer gaan troos soek by die Deck! Sondagoggend het ons die boot gehak en die pad teruggevat Kaap toe! Ek dink tot baie blydskap van die hele NSRI.Het n donasie gemaak om te se baie dankie vir alles. Dit was n klomp wonderlike mense en hulle doen n awesome werk!Ek dink daar moet so nou en dan sulkes soos ons wees wat almal darem net weer n slag kan laat lag!! End goed alles Goed!!!Nogmaals baie dankie vir almal wat so vriendelik en hulpvaardig was! Ons waardeer dit regtig baie! (laat ons maar weet as julle weer bietjie pret wil he)James en Rene Bartlett en KittykatooBloubergstrand
Next Article

Stillbaai base named

Read More

You may also like

Whats App Image 2026 06 17 at 07 51 17
RESCUES  | Published: 17 June 2026

NSRI Hermanus - A medical evacuation operation at sea

NSRI Hermanus duty crew were placed on alert following calls to the NSRI Hermanus duty phone and to NSRI EOC (Emergency Operations Centre) from ships agents reporting a medical emergency onboard a container motor vessel - on the Cape South ...

54802537169 200c50be07 o
RESCUES  | Published: 15 June 2026

A young man is missing in Coffee Bay

NSRI Mdumbi duty crew and NSRI Mdumbi lifeguards were activated following eyewitness reports to NSRI EOC (Emergency Operations Centre) of a drowning in progress at Coffee Bay main beach, in front of Ocean View Hotel (Eastern Cape) on Saturday, 13 June. ...

Buffalo bay
RESCUE OPERATIONS  | Published: 14 June 2026

NSRI Knysna rescues missing surfer at Buffel's Bay

NSRI Knysna volunteer crew has safely rescued a surfer who went missing after drifting out to sea at Buffels Bay, along the Garden Route. ...