Die einde van die kwartaal stap stadig nader; kinders is nou besig met eksamen en volgende week sluit die skole. Aangesien die personeel en grondslagfase kinders ook tans besig is met assesering en vorderingsverslae, is dit moeilik om hierdie tyd van die jaar werkswinkels by skole aan te bied. Toe Eoudia Erasmus Rabie Primer, ‘n laerskool naby De Doorns skakel, het Mnr Olivier, die skoolhoof, egter dadelik ingewillig dat WaterWise die skool besoek. Baie kinders is daagliks in aanraking met water; hulle woon naby damme, rivier en slote …. en word blootgestel aan die gevare daarvan.
Terugvoering van die skool:
“Ons is dankbaar vir die belangrike inligting en aanbieding”
“Interessante aanbieding; baie leersaam. Baie dankie”
WaterWise word met trots geborg deur TNPA.


