WaterWise Akademie @ Robertson en McGregor

Eilandia Primer se kinders leer WaterWise se PLAN.

Verlede week het Eoudia Erasmus ‘n paar skole in Robertson en McGregor area besoek.  Sy het verby verskeie plaasdamme, riviere en kanale gery.  Uhmmm …. en dit is hier waar die probleme le.  Baie mense dink dat dit net by die kuslyn en see is, waar mense verdrink.
Ons dink nie altyd aan die plaasdamme, mere, riviere en kanale nie.

Kinders weet dat dit vir hulle verbode is om in die plaasdamme te swem, maar telkemale moet ons hoor van “amperse verdrinkings” of ‘n maat wat iemand uit die water gehelp het!

Wie kan almal swem?? Uitnood Premer se kinders se hande skiet in die lug! … omtrent almal kan swem, maar nie as die water dieper as die dak is nie!!!

Die skole wat ek besoek het, is ver van die dorp.  Indien hulp dringend verlang word, word daar tot langer as ‘n halfuur gewag vir ‘n ambulans of  nooddienste.  So vir my is dit absoluut noodsaaklik dat elke kind bewus moet wees van WaterWise se PLAN en KPR (Hands only).
Die kinders sowel as die onderwysers het die werkswinkels baie geniet. Tydens die aanbieding kon Eoudia sien dat die kinders elke woord inneem, wat gese word.  Hulle het groot-oog geluister en heerlik aan die aktiwiteite deelgeneem.  Diegene wat kans gekry het om KPR te oefen, het dit werklik geniet.
Na afloop van een van die werkswinkels het ‘n seun vir haar gese dat hy weet hy kan nie goed swem nie, maar dat hy graag eendag ‘n lewensredder wil word.
Dit was ‘n wonderlike voorreg vir Eoudia om weer op Robertson en McGregor area werkswinkels aan te bied.  Sy het net weer besef dat daar waar ‘n dam, rivier of kanaal is , daar altyd kinders sal wees wat swem.  Gelukkig is NSRI se WaterWise Akademie daar om kinders bewus te maak van die gevare van water en wat om in noodsituasies te doen.

Eilandia Primer se kinders leer WaterWise se PLAN.

En moenie sommer inspring om iemand te red nie – gebruik ‘n lee bottel met tou of ‘n stok!

Vir die Herberg Kinderhuis op Robertson, was Annie, die KPR-pop ‘n nuwe ervaring. “hallo, hallo!!” – Joline Jackson kyk of Annie reageer!

No comments yet.

Leave a Reply