
Onthou, as een van jou maats in die water val, probeer hom uithaal met enige kledingstuk of tou.
BoPlaas Primer… net soos die naam se, ‘n plaas bo in die Koue Bokkeveld waar ongeveer 200 kinders skoolgaan.
Vriendelike en hulpvaardige kinders hardloop na my motor, toe ek aangery kom. Die skoolhek word oopgemaak en gesiggies met warm glimlagte laat my werklik tuisvoel by die skool!
Dis nog pouse, die kinders nuttig hul ete wat deur die skool verskaf word. Die skoolhoof het
van ons afspraak vergeet, maar tref vinnig reelings en gou-gou word 3 werkswinkels ingedeel.
Terwyl ek ook soos die kinders in die sonnetjie sit en wag, gesels ek met die spannetjie wat spontaan
hier om my kom sit. Ja, hulle swem gereeld in die somer. Nee-nee, Pa en Ma weet nie as hulle gaan swem nie.
Ja, hulle weet ook van baie kinders wat al amper verdrink het … hulle word by die name genoem en ook die wat hulle uit die water “gered” het!
Die kinders is in 3 groepe ingedeel en het heerlik aan die werkswinkel deelgeneem. Ek het agtergekom, as hier by BoPlaas gespeel word, speel almal lekker saam, maar as hier gewerk en geleer word, leer almal net so lekker saam!

Sorg dat jy 'n PLAN het, voordat jy gaan swem!

Allen Gulwa oefen KPR terwyl sy maats toekyk.













